Friday Jun 02, 2023

Episode 1: Ons Wil Ouers Help Anders Dink Oor Onderrig

In die loodsepisode van ’n Pot Vol Kennis Potgooi Reeks gesels Jacques Basson met Wikus Breetzke, wat aan die stuur staan van innovasie, tegnologie en bemarking by die MOS Inisiatief.

Die naam ‘MOS’ verwys na die Moedertaal in Onafhanklike Skole, en die doel is om Afrikaanse onderrig te versterk en uit te brei - plaaslik sowel as wêreldwyd.

Ons wil ouers, leerlinge en onderwysers help om anders te dink oor onderrig, en die toekoms van onderrig. Mense besef toenemend dat onderrig nie hoef plaas te vind in ’n konvensionele klassituasie nie.

“Lepelvoer” in onderrig is iets van die verlede, met die rol van die ouer en onderwyser wat meer neig na dié van ’n fasiliteerder, wat met behulp van tegnologie, die brein voed met die regte stimulasie op die regte tyd…

Jacques Basson

Version: 20240320