Friday Jul 28, 2023

Episode 4: Die Mites & Onvermydelike Essensie Van Wiskunde

Al ooit daaraan gedink dat wiskunde die enigste vak is wat tel?

Al is hierdie opmerking bloot tong in die kies, is twee wiskundeonderwysers, Annalie Eybers en Linda Jansen dit eens dat baie ouers die fout maak om te dink wiskunde is iets wat ʼn kind by die skool leer.

Wiskunde is ʼn vak wat jou kritiese denke leer. ʼn Kind wat wiskunde kan baasraak, gaan ook ʼn kind vol selfvertroue wees. Dit wat ons as ouers insit in die eerste sewe jaar van ʼn kind se lewe, is krities belangrik vir die kind se wiskunde-breinontwikkeling.

Moet nooit vir ʼn kind sê: “Ag ek kon ook nooit wiskunde doen nie.” Herprogrammeer jou kind se denke oor wiskunde, want wiskunde maak immers baie deure oop. 
 

Jacques Basson

Version: 20240320