Pot Vol Kennis

Welkom by Pot Vol Kennis, ’n nuwe opwindende potgooi reeks waarin ons jou help om op ’n ander manier te dink oor onderrig en die toekoms van onderrig. Of jy nou ’n onderwyser, ’n leerling of ’n ouer is, hierdie reeks dien as jou deur na ’n wêreld vol inspirasie en onbeperkte moontlikhede. Besoek ons webwerf: https://www.moswereldwyd.co.za/ A new exciting podcast series where we assist you in thinking differently about education and the future of learning. Whether you are a teacher, a student, or a parent, this series serves as your gateway to a world full of inspiration and unlimited possibilities.

Listen on:

  • Apple Podcasts
  • Podbean App
  • Spotify
  • Amazon Music
  • TuneIn + Alexa
  • iHeartRadio
  • PlayerFM
  • Samsung
  • Podchaser
  • BoomPlay

Episodes

Tuesday Jun 20, 2023

Ouers vrees die toekoms, want die nuwe wêreld waarop hulle hul kinders moet voorberei is ’n wêreld wat nie in hul verwysingsraamwerk bestaan nie. Aldus Hettie Brittz, ’n lewensafrigter en skrywer met ’n passie vir die uniekheid van kinders en bemagtiging van ouers.Die MOS-inisiatief fokus juis daarop om met hoop, eerder as vrees, te werk, en volgens Chris de Beer, leierskap- en besigheidsafrigter van MOS, moet ons kinders eenvoudig met die nodige vaardighede toegerus word om hierdie nuwe wêreld te hanteer.
En, aanpasbaarheid is krities. Die mees aanpasbare mense is dié wat in die toekoms gaan floreer. Derhalwe is lewenslange leer die enigste manier waarop ’n mens sal kan bybly in ’n wêreld wat voortdurend verander.

Friday Jun 02, 2023

In die loodsepisode van ’n Pot Vol Kennis Potgooi Reeks gesels Jacques Basson met Wikus Breetzke, wat aan die stuur staan van innovasie, tegnologie en bemarking by die MOS Inisiatief.
Die naam ‘MOS’ verwys na die Moedertaal in Onafhanklike Skole, en die doel is om Afrikaanse onderrig te versterk en uit te brei - plaaslik sowel as wêreldwyd.
Ons wil ouers, leerlinge en onderwysers help om anders te dink oor onderrig, en die toekoms van onderrig. Mense besef toenemend dat onderrig nie hoef plaas te vind in ’n konvensionele klassituasie nie.
“Lepelvoer” in onderrig is iets van die verlede, met die rol van die ouer en onderwyser wat meer neig na dié van ’n fasiliteerder, wat met behulp van tegnologie, die brein voed met die regte stimulasie op die regte tyd…

Image

Your Title

This is the description area. You can write an introduction or add anything you want to tell your audience. This can help potential listeners better understand and become interested in your podcast. Think about what will motivate them to hit the play button. What is your podcast about? What makes it unique? This is your chance to introduce your podcast and grab their attention.

Jacques Basson

Version: 20240320